Populier

Populier
P. nigra
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Populus
Spesies
Sien teks
Sinonieme
  • Aigiros Raf.
  • Balsamiflua Griff.
  • Leuce Opiz
  • Monilistus Raf.
  • Octima Raf.
  • Tacamahaca Mill.
  • Tremula Dumort.
  • Tsavo Jarm.
  • Turanga (Bunge) Kimura

Populier (Populus) is 'n genus van tussen 25 en 35 spesies bladwisselende bedeksadiges (blomdraendes) in die familie Salicaceae (wilgers). Populiere is inheems aan die meeste dele van die Noordelike Halfrond. Populus trichocarpa is die eerste boom wie se DNS-kode ten volle deur middel van DNS-sekwensiëring bepaal is.

Met uitsondering van een spesie is die populiere almal inheems in die Noordelike Halfrond, maar hulle word wêreldwyd aangeplant ter wille van hul hout, wat vir verskeie doeleindes gebruik kan word. In Suid-Afrika is hulle feitlik die enigste bron van hout vir vuurhoutjies.

Die bome is tweehuisig, en manlike en vroulike blomme word dus op afsonderlike bome gedra. Die genus Populus vorm saam met die wilgerbome (genus Salix) die wilgerfamilie (familie Salicaceae), en net soos by die wilgerbome is die populiere se bloeiwyses in die vorm van katjies wat vroeg in die lente verskyn voordat die blare uitkom. Die jong takkies is rond, maar wanneer hulle deurgesny word, blyk dat die murg vyfhoekig is.

Die blare is afwisselend en gewoonlik rond, driehoekig, hart- of eiervormig en veervormig beaar. Die klassifikasie van populiere is baie moeilik omdat verbastering baie maklik plaasvind en daar gevolglik in die natuur ook baie bastervorms is. Die maklikste manier om populiere te kweek, is deur middel van steggies (vegetatief) en groot getalle bome word op die manier vir die bosbou gekweek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search